Hallo Almal
En so is planttyd verby vir die meeste van ons. Die suidkaap het plek-plek erge skade gekry met die hewige reënbuie oor die area. Sommige gaan kampe oorplant, terwyl ander kampe so erg gespoel het dat daar eers herstelwerk gedoen sal moet word. Ons hoop en vertrou dat alle beplande aksies vrugte sal afwerp. Die Swartland winter het ook uiteindelik begin. Ons sien uit na die seisoen saam met julle. Intussen het Die BLWK, Wes-Kaap Landbou en Landbouweekblad die mal perd opgesaal om ‘n bod te maak om die 9de Wêreld Kongress vir Bewaringslandbou in Kaapstad aan te bied. As ons die bod wen sal die kongres in 2024 plaasvind. Kyk gerus na die video onder die lys van skakels. Groete van huis tot huis!
Die redakteur
Hi All
The planting season has passed for most of our producers, although a number of guys are replanting in the southern Cape due to rain damage/ the heavy rainfall event a week or two ago did some serious damage in places in the south Cape. Some camps will need serious attention to level and fill all the furrows. We trust that all your efforts will be successful. The Swartland winter had a more gentle start. We look forward to see what happens the rest of the season. We have also stuck our heads in the proverbial hornet’s nest by bidding to host the 9th World Congress on Conservation Agriculture in 2024. The CAWC, Western Cape Agriculture and Landbouweekblad compiled the bid and the video. The aim is to Cape Town as the host city. You can view the video by following the link on the links list in the newsletter. All the best!
The editor
May 2021 – Issue 91