October/November 2022 – Issue 106

VOORWOORD/PREFACE

WELCOME

Hallo almal,

Oestyd is grotendeels verby en daar is nog net plek-plek ’n gebied waar die manne steeds oes. Dit was ’n interessante jaar wat die klimaat betref. Op Langgewens in die Swartland is die vierde droogste jaar sedert 1978 aangeteken. Op Tygerhoek (naby Riviersonderend) was die reënval net ’n aksie beter. Ondanks die toestande wat met die klimaat verband hou, is heel skaflike opbrengste egter behaal. Die graad van die koring in die Swartland is baie goed. Vanjaar se bewaringslandbouproewe het duidelik getoon wat die invloed van ’n laat begin en ’n droë einde van die seisoen op die opbrengs kan wees. Dit lyk ook of die kanola-ekonomie vanjaar koning kraai in die Suid-Kaap.

Hierdie uitgawe van die nuusbrief is die laaste vir die jaar. Ons hoop almal sal ’n bietjie tyd oor die Kerstyd kan afneem om hulle batterye te herlaai. Geniet die vakansie en as jy bevoorreg is om êrens heen te gaan, ry veilig en kuier lekker saam met familie en vriende. Die eerste nuusbrief vir 2023 sal begin Februarie verskyn. Ons sal dan terugvoering gee oor vanjaar se proewe en inligting verskaf oor die wetenskaplike kongres wat einde Januarie in Pretoria plaasvind. Groete van huis tot huis.

Hello everyone,

The harvesting for 2022 is done for the biggest part of our region. The climatic conditions during the past winter production season were interesting to say the least. At Langgewens in the Swartland it was the fourth driest year since 1978. Tygerhoek, near Riviersonderend, received only slightly more rainfall. The late start to the season and a dry finish made for interesting yield effects within the conservation agriculture trials. Even though the climate was indifferent, excellent wheat grades was obtained in the Swartland. It also seems like the canola economics was quite excellent in the Southern Cape.

This newsletter is our final edition for 2022. We hope all of you will be able to take some time off over the Christmas season to recharge the batteries. Enjoy your holiday time and if you are privileged enough to go away somewhere, enjoy the time with your family and friends. Our first newsletter for 2023 will be published early February. We will then give some feedback of all the trials of 2022, and we will reflect on the scientific conference that will take place in Pretoria in January. All the best!

Dr Johann Strauss: Editor

October/November 2022 – Issue 106
Scroll to top